Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Bykos

Gremolata

Dit het in Italië ontstaan en word gemaak van pietersielie, suurlemoenskil en vars knoffel. Tradisioneel voorgesit met osso bucco (kalfskenkel-gereg) en ewe lekker met seekos. En proe net hoe goed werk dit saam met die lamsvleis-brediesop.

Meng fyngerasperde skil van 2 groot suurlemoene, 30 g Italiaanse pietersielie, fyngekap, en 6 knoffelhuisies, fyngekap. Maklik, heerlik.