VIA_FB_Inspirasiekos-2
Bykos

‘Inspirasiekos met SARIE’ se koffie-resepte (episode 11)

Die Bootlegger Coffee Company is besig om ’n instelling in Kaapstad te word. Herman ontmoet die eienaar, Pieter Bloem, in sy Seepunt-winkel en maak vir hom ’n hoenderpastei met sampioene en koffiesous. Herman maak ook iets vir diegene met ’n suikertand.

Hoenderpastei met sampioen-en-koffiesous

Die inspirasie vir die pastei kom van kosvriend en mentor Nick van Wyk – hy sit sy pastei in dié vorm voor by sy restaurant Bistro 13 in Stellenbosch.

Screen Shot 2016-02-01 at 9.06.03 AM

 

genoeg vir 6

  • 80 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 uie, grofgekap
  • 2 suurlemoene, gehalveer
  • 2 heel hoenders
  • 500 ml groente-aftreksel
  • 45 ml botter
  • 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g blaardeeg
  • 1 eier

 

Sampioensous

  • 1 x 80 g-pakkie gedroogde sampioene
  • 80 ml kookwater
  • 500 ml room
  • 60 ml espresso-koffie
  • sap en fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in ’n groot oondbraaibak. Voeg knoffel en uie by en braai liggies tot goudbruin. Druk halwe suurlemoene in hoenders se buikholte in en braai in warm oondbraaibak tot goudbruin. Gooi groente-aftreksel by. Bedek oondbraaibak met foelie en plaas in warm oond. Oondbak vir 2 uur of tot die vleis van die been loskom. Vlok vleis van karkasse af en hou eenkant. Gooi alle pansappe by gevlokte hoender. Jy kan ook klaar-geroosterde winkelhoender gebruik.

Screen Shot 2016-02-01 at 9.07.10 AM

 

Verhit botter in ’n braaipan en braai sampioene tot goudbruin. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room oor en laat stadig oop prut tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en swartpeper. Laat vulsel afkoel. Rol blaardeeg uit op meelbestrooide werkvlak. Skep vulsel sowat 5 cm van onderkant van deeg in ’n lang wors. Rol toe sodat dit soos ’n lang wors lyk. Vou deeg in doughnut-vorm. Plaas in tertbak of op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in oond en bak tot deeg goudbruin en gaar is.

Sous: Week sampioene in kookwater vir 10 minute. Skep sampioene uit en druk oortollige water uit. Voeg sampioene en room saam in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat oop prut vir 15 – 20 minute. Die room moet met die helfte verminder. Verwerk tot puree met staafmenger (stick blender) en druk mengsel deur ’n sif. Voeg koffie, suurlemoensap en suurlemoenskil by. Meng goed en geur met sout en peper. Sit warm voor saam met pastei.

Koffie-en-karamel-cremora-tert

Screen Shot 2016-02-01 at 9.02.28 AM 

genoeg vir 1 groot tert

  • 1 x 10 g-sakkie gelatien
  • 30 ml water
  • 1 x 200 g-pakkie sjokolade-klapperkoekies
  • 100 g (110 ml) botter, gesmelt
  • 1 x 500 g-sakkie Cremora
  • 250 ml yskaswater
  • 2 x 385 g-blikke kondensmelk
  • 250 ml suurlemoensap
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 60 ml espresso-koffie
  • vrugte van jou keuse om tert te versier

 

Sprinkel gelatien oor water in ’n bakkie en laat staan tot sponsagtig. Plaas koekies in voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm. Spuit ’n 30 cm-losboom-koekpan goed met kleefwerende kossproei. Voer bodem van pan uit met klam koekiemengsel en druk stewig vas. Maak Cremora aan met yswater en gooi in mengbak van ’n elektriese menger.

Voeg kondensmelk by en klits by hoë spoed tot mengsel dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Terwyl menger loop, gooi suurlemoensap geleidelik by en hou aan klits tot mengsel dik en romerig is. Voeg vanieljegeursel en koffie by. Smelt geweekte gelatien in mikrogolfoond en voeg by mengsel. Meng goed. Skep mengsel in uitgevoerde koekpan en laat stol sowat 2 – 3 uur in yskas. Verwyder ring en plaas tert op opdienbord. Versier met vrugte van jou keuse.

Quickie – 5-minute-malvalekkers met koffie

genoeg vir 6 – 8

  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 30 ml gelatien
  • 125 ml koue water
  • 125 ml kookwater
  • 45 ml espresso-koffie
  • versiersuiker om in te rol

Plaas suiker in mengbak van elektriese menger. Gooi gelatien in bakkie en voeg koue water by. Laat staan tot sponsagtig. Voeg sponsagtige gelatien by suiker. Die kookwater en warm koffie sal die gelatien laat smelt. Voeg kookwater en koffie by. Klits vir 5 – 8 minute of tot dik en skuimerig. Spuit ’n 25 x 25 cm-bak met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in bak en laat stol in yskas. Keer uit en sny in blokke. Rol in versiersuiker. Sit voor met koffie.

whirlpool

Mocha-melkskommel

  • 85 g donkersjokolade
  • 15 ml kitskoffie-korrels
  • 700 ml melk
  • 10 balle vanielje-roomys
  • geklopte room vir voorsit
  • koffiebone vir versiering

Kap die sjokolade grof en plaas in groot beker met die koffiekorrels. Kook 300 ml van die melk en gooi oor die koffie-en-sjokolademengsel. Roer tot gesmelt en laat afkoel.

2

Laat die roomys effens sag word en skep dit daarna in ’n menger.

3

Voeg die afgekoelde mocha-melk en res van die melk by die roomys en meng tot glad. As jy van jou melkskommel dikker hou, voeg meer roomys by.

4

Sit voor in ’n lang glas met geklopte room en koffiebone bo-op as versiering.

5

Produk van die week: Whirlpool 6th SENSE-yskas

Bêre jou melkskommel in die Whirlpool 6th SENSE-yskas vir die perfekte temperatuur.

Whirlpool 6th Sense Neo Active 0°

Whirlpool se 6th Sense-tegnologie beheer die temperatuur en die vlak van humiditeit om die beste omgewing te skep vir kos wat langer vars bly.

Lees HIER meer oor die yskas

 

WP Logo Colour on blank