Foto deur Donna Lewis SARUE KOS OKT/NOV 2013

Bykos

Kaneel-broodrolletjies

Veral kinders is mal hieroor. Dit kan ook sonder vye en jogurt geëet word.
Genoeg vir 6

• 12 snye witbrood
• 250 g roomkaas (gebruik ’n ferm soort)
• 170 g (200 ml) strooisuiker
• 200 g (250 ml) suiker
• 10 ml kaneel
• 185 g (200 ml) botter, gesmelt
• vars vye
• Griekse jogurt
• heuning

Verhit oond tot 200 °C. Sny korsies af van brood. Rol elke sny brood plat uit met koekroller dat dit soos ’n stukkie deeg lyk. Meng roomkaas en strooisuiker in ’n mengbak. Smeer elke sny brood dik met roomkaasmengsel. Meng suiker en kaneel in plat mengbak. Gooi gesmelte botter in ’n plat bakkie. Doop elke broodrolletjie in gesmelte botter en maak seker dis goed bedek. Rol in kaneelsuiker en plaas op gesmeerde bakplaat. Sit in oond en bak so 20 minute tot goudbruin en bros. Sit voor met vars vye, jogurt en heuning.