Bykos

Maak die perfekte kapokaartappels (mash)

Kapokaartappels is vir my die beste trooskos vir koue dae. Volg hierdie resep om gladde kapokaartappels te maak.

genoeg vir 4

• 8 aartappels
• 120 g (130 ml) botter
• 180 ml warm melk
• sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1

Skil aartappels en plaas in kastrol. Bedek met koue water en plaas op stoofplaat. Bring water tot kookpunt en kook tot sag. Dreineer in vergiettes.

Stap 2

Plaas een aartappel op ’n slag in ’n aartappeldrukker en druk fyn in bak. Die aartappels moet nog baie warm wees wanneer dit fyngedruk word.

Stap 3

Voeg botter by en meng goed met vurk.

Stap 4

Voeg melk by en meng goed met vurk.

Geniet!

Geur met sout en peper en sit warm voor.