Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Kapokaartappels met korrelmosterd

Jy kan varkworsies beslis nie sonder kapokaartappels voorsit nie.

  • 12 groot aartappels, geskil
  • 100 g botter
  • sowat 250 ml warm melk (die hoeveelheid gaan afhang van hoe groot jou aartappels is)
  • 30 ml korrelmosterd
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit genoeg water (wat die aartappels sal bedek) tot kookpunt in ‘n groot kastrol. Plaas die aartappels versigtig in die kokende water. Kook tot sag – gebruik ‘n dun pennetjie om die aartappels te toets. Sit intussen die bak waarin jy die aartappels gaan voorsit, in die lou-oond. Druk die aartappels fyn in die warm bak. Voeg onmiddellik die botter by en bedek die botter met van die fyn aartappel. Dit sal die botter laat smelt. Wag so 1 minuut en roer die botter deur. Maak intussen die melk in die mikrogolfoond warm. Gooi die melk bietjie-bietjie by tot die gewenste dikte verkry is. Voeg die korrelmosterd by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Skep die kapokaartappels in ‘n bak of borde en bedien saam met gebraaide uie en varkworsies.