Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Kapokaartappels

Ek gebruik gewoonlik twee aartappels per persoon.
(Genoeg vir 4)

  • 8 aartappels
  • 120 g (130 ml) botter
  • 180 ml warm melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Skil aartappels en plaas in kastrol. Bedek met koue water en plaas op stoofplaat. Bring water tot kookpunt en kook tot sag. Dreineer in vergiettes.

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas een aartappel op ’n slag in ’n aartappeldrukker en druk fyn in bak. Die aartappels moet nog baie warm wees wanneer dit fyngedruk word.

 

Stap 2.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Voeg botter by en meng goed met vurk.

 

Stap 3.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap  4. Voeg melk by en meng goed met vurk. Geur met sout en peper en sit warm voor.

 

Stap 4.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenk
Maak die melk warm in die mikrogolfoond voor jy dit byvoeg. Koue melk sal die aartappels laat afkoel.