FOTO: Michael le Grange

FOTO: Michael le Grange

Bykos

Kersfees 2015: Die nuwe beetslaai


Beetslaai met anderste smake en geure.

genoeg vir 8

• 16 groot bete, geel en pers (by supermarkte)
• 4 takkies roosmaryn, grofgekap
• 45 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 baba-bete (so groot soos radyse)
• 50 g parmesaankaas
• 125 ml mayonnaise
• 60 ml peperwortelsmeer (horseradish cream)
• 
30 g baba-slaaiblare

Verhit oond tot 180 °C. Plaas groot bete in oondbraaibak en sprinkel roosmaryn en olie oor. Geur met sout en peper. Maak bak toe met deksel en oondbraai 30 – 40 minute of tot beet sag en gaar is, maar nie pap nie. Laat afkoel.

Gebruik skerp mes of mandolien en sny beet
met skil aan in skywe van 2 mm dik. Pak skywe beet op groot opdienbord of ses kleiner borde, een vir elke gas. Sny rou baba-bete baie dun met mandolien en maak skaafsels van parmesaankaas. Gooi oor beet.

Meng mayonnaise en peperwortelsmeer en skep lepels vol oor beet. Sprinkel slaaiblare oor. Geur weer goed met sout en peper. Sit voor.

Kersfees 2015 – resepte en dekor-idees