Oranje-5437
Bykos

Steurgarnaal-krokette

Noem dit maar anderste viskoekies. Jy kan die garnale vervang met snoek of enige ander vis van jou keuse.

genoeg vir 6

• 40 g (45 ml) botter
• 30 ml koekmeel, plus ekstra vir rol
• 2 aartappels, geskil en gekook tot gaar
• 350 g (sowat 16) steurgarnale, skoongemaak en fyngesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 eiers, liggies geklits
• 150 g broodkrummels
• olie vir vlakbraai
• 250 ml mayonnaise
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• sap en skil van 1 suurlemoen
• 24 baba-wortels

Verhit botter in middelslag-pot tot warm. Gooi koekmeel by en roer met draadklitser tot goed gemeng. Hou aan roer vir 3 minute. Verwyder van hitte en voeg gaar aartappels by. Druk fyn met aartappeldrukker en meng goed. Voeg garnale by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Maak balletjies so groot soos okkerneute van mengsel. Rol in ekstra meel, doop in eier en rol laastens in broodkrummels. Verhit olie tot warm en vlakbraai balletjies 5 – 8 minute of tot goudbruin en gaar. Dreineer. Meng mayonnaise, knoffel, sap en skil van suurlemoen en geur goed. Sit krokette voor met baba-wortels, ekstra mayonnaise en suurlemoenkwarte.