FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Bykos

Kool-en-wortelslaai

’n Ou gunsteling wat gereeld op my tafel is. Hier is ’n nuwe weergawe.

genoeg vir 6

• ½ groen kool
• 3 wortels, geskil
• 125 ml goeiegehalte-mayonnaise
• 125 ml laktosevrye jogurt
• 45 ml korrelmosterd
• 15 ml witwyn-asyn
• sap en skil van 2 suurlemoene
• sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik ’n voedselverwerker of skerp mes en sny kool in dun repies. Rasper wortels op growwe kant van rasper. Meng twee groentes saam. Meng res van bestanddele om gladde sous te maak. Geur goed met sout en peper. Meng deur kool-en-wortelslaai en sit voor. Maak jou eie Mayonnaise Plaas 4 eiergele in ’n skoon mengbak en voeg 30 ml mosterd by, asook die sap en skil van 2 suurlemoene. Gebruik ’n staafmenger (stick blender) en klits mengsel by hoë spoed terwyl jy 250 ml kanola-olie in ’n dun straaltjie bygooi. Hou aan klits tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper. Moenie skrik as die mengsel dalk skif nie. Plaas 1 eiergeel in ’n skoon mengbak terwyl jy aanhoudend klits. Gooi geskifte mengsel dan geleidelik by tot mengsel weer romerig is.