sk0907rugby09
Bykos

Korrelmosterd-kapokaartappels

2 porsies

  • 6 aartappels, geskil
  • 30 ml botter
  • 50 ml warm melk
  • 45 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sit aartappels in ’n kastrol, bedek met water en bring tot kookpunt. Kook tot sag en druk fyn met ’n aartappeldrukker. Voeg botter en warm melk by en meng goed. Voeg mosterd by en geur met sout en swartpeper.