Bykos

Lekkerste aartappelslaai

(genoeg vir 8)

  • 45 ml olyfolie
  • 250 g spek, fyngekap
  • 700 g aartappels met skil, saggekook
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 radyse, dungesny

Sous

  • 30 ml korrelmosterd
  • 1 x 125 ml-bottel geroomde peperwortel
  • 1 x 360 g-bottel mayonnaise
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan. Voeg spek by en braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Sny gaar aartappels in wiggies en plaas in groot mengbak. Voeg gaar spek, uie, knoffel en radyse by. Sous Meng al die sousbestanddele en gooi by aartappelmengsel. Meng versigtig met groot metaallepel in ’n vou-aksie om te keer dat die aartappels breek. Geurgoed met sout en peper. Sit voor.

  • Magda

    Njammies! Dit lyk heerlik. Sies man, daar gaan my eerste voorneme alweer…