sr1305_koshoof_15_
Bykos

Maak jou eie ricotta só

(genoeg vir 400 g)

  • 500 ml volroommelk
  • 250 ml room
  • 5 ml sout
  • 30 ml suurlemoensap
  • varsgemaalde swartpeper

Plaas ’n vergiettes wat met melkdoek (moeselien) uitgevoer is in ’n glasbak. Bring melk, room en sout tot kookpunt in ’n middelslag-pot terwyl jy roer. Voeg suurlemoensap by en meng. Verwyder van hitte en roer tot mengsel skif. Laat staan vir 5 minute. Gooi mengsel deur melkdoek sodat die wei kan afloop. Meng peper by en bind die doek stewig vas. Laat oornag oor ’n glasbak in yskas hang om kaas ferm te maak.

Gebruik só

Meng 250 ml ricotta met 2 eiergele. Voeg 1 fyngekapte ui en 1 fyngekapte rooi brandrissie by. Geur goed en bak by 180 °C vir ’n warm voorgereg.

Jou gesondheid

Ricotta is een van die kase met ’n laer vet-inhoud; dit bevat sowat 12% vet per 100 g. Ondanks die min vet het dit steeds ’n lekker romerige tekstuur.