FOTO Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

FOTO Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Mexikaanse lagieslaai

Dit laat jou dink aan die outydse lagieslaai met blaarslaai, seldery, komkommer, ens. Dit klink dalk vreemd om koue maalvleis in ʼn slaai te sit, maar glo my – dit werk!
Resep deur Annerien Vermeulen
genoeg vir 6 porsies

• 5 ml avokado-olie
• 400 g varkmaalvleis
• 1 pakkie Old El Paso Taco Dinner Kit
• 1 x 410 g-blik swartbek-boontjies (black-eyed beans), borlottibone of rooibone
• 60 ml water
• 1 kop blaarslaai, gesny
• 125 ml vetvrye gewone jogurt gemeng met 80 ml laevet-mayonnaise
• 1 avokado, in blokkies gesny (besprinkel met suurlemoen- of lemmetjiesap om verkleuring te voorkom)

Verhit die olie in ’n braaipan en braai maalvleis tot gaar. Voeg die speserysakkie van die Old El Paso Dinner Kit by die maalvleis saam met die boontjies en water. Braai nog 5 minute tot al die water afgekook is. Laat afkoel. Plaas die blaarslaai onder in ’n mooi diep glasbak. Skep die vleis bo-oor, gevolg deur die salsa van die Dinner Kit, jogurt-mayonnaisemengsel, avokado en 4 gebreekte taco’s (uit die Dinner Kit). Bedek met kleefplastiek. Verkoel minstens 2 uur in yskas.