Bykos

Mielies teen die koue

Die sterk gegeurde botter saam met gebraaide mielies is ideaal vir koue dae.

Mielies met botter en kaas

genoeg vir 6

• 6 mielies, skoongemaak
• 150 g (160 ml) botter
• 2 ml rooipeper (cayenne pepper )
• 2 wiele fetakaas, fyngekrummel
• 60 g fyn parmesaankaas
• 15 g vars koljander, fyngekap

Bring ’n groot kastrol vol water tot kookpunt. Plaas mielies in kookwater en maak kastrol toe met deksel. Laat prut 10 minute. Dreineer in vergiettes. Verhit ’n riffelpan tot baie warm. Skroei mielies reg rondom. Plaas botter en rooipeper in ’n kastrol. Smelt die botter en voeg fetakaas, parmesaankaas en koljander by. Meng goed. Plaas mielies in opdienbak en gooi gesmelte botter oor. Sit onmiddellik voor.