Bykos

Mosterd

(sowat 3 x 125 ml-bottels)

  • 90 ml geel mosterdsaad
  • 45 ml swart mosterdsaad
  • 150 ml witwyn (moenie ’n té droë wyn gebruik nie)
  • 150 ml wit asyn
  • 2 klein uitjies (piekeluitjies), fyngekap
  • 1 ml wonderpeper (allspice)
  • 5 ml sout
  • 2,5 ml witpeper
  • 15 ml suurlemoensap
  • 20 ml strooisuiker

Plaas al die bestanddele in ’n plastiekbak met ’n deksel. Sit oornag in die yskas. Wanneer jy die volgende oggend die bak oopmaak, sal die mosterdsade uitgeswel wees. Gooi die mengsel in ’n versapper. Verpulp tot alles goed gemeng is, so 2 minute. Skep in gesteriliseerde bottels. Laat die mosterd vir minstens ’n week staan voor jy dit gebruik.

Wenk
As jy sterker mosterd verkies, kan jy meer swart mosterdsade byvoeg. Dis hulle wat dit sterk maak.