Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Bykos

Nachos Mexicana

Een van my gunsteling-bederfgeregte.
(genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 4 hoenderborsies, in repe gesny
  • 1 rooi-ui, in ringe gesny
  • 3 groen soetrissies, in repe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 280 g songedroogde kersietamaties in olie
  • 250 g nachos tortilla-tjips
  • 100 g goudakaas, gerasper
  • 250 g suurroom
  • hand vol vars koljander
  • 2 avokado’s
  • 250 ml jalapeño-rissies

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in ’n pan. Braai hoender, ui, soetrissies en knoffel saam tot gaar. Voeg kersietamaties met olie en al by die hoender en braai. Pak nachos in 4 borde of in een groot oondbak. Skep hoendermengsel bo-op nachos, strooi kaas oor en plaas in die oond tot kaas gesmelt het. Sit voor met suurroom, koljander, avokado en jalapeño-rissies.