Napoletana-sous

Bykos

Napoletana-sous

  • Olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 blikke Italiaanse tamaties(410 g x2)
  • hand vol vars basiliekruid
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 500 ml gerasperde parmesaankaas
  • ekstra vars tamatieskywe

Verhit jou oond tot 180°C. Doop die eirvrug-skywe in die meel en maak seker dis aan albei kante bedek. Skud die oortollige meel af. verhit olyfolie in n pan en braai die eiervrug-skywe weerskante tot bros. Dit moet soos aartappelskyfies lyk. Dreineer die eiervrug op kombuispapier. Die proses sal n tydjie neem, want jy kan nie al die eiervrug op een slag braai nie. Jy behoort so tussen 36 tot 40 skywe uit te kry, genoeg vir 4 eiervruglae. Gebruik nog eiervrug as jy nie genoeg skywe het nie. Verhit nog n bietjie olyfolie in n pan en braai die knoffel vir so 2 minute. Voeg die tamaties en basiliekruid by. Kook die sous vinnig vir so 10 minute. Geur met sout en swartpeper. Gooi n dun lagie van die sous in n medium-oondbak van sowat 24 x 22cm. Plaas n laag eiervrugskywe daarin, soos wanneer jy lasagne maak. Dan kom n laag mozzarella-kaas en parmesaan-kaas. Herhaal die proses van die sous oor om saam voor te sit. Plaas skywe vars tamatie bo-op die laaste kaaslaag voor jy dit in die oond bak vir 20 minute. Haal uit en sny in groot vierkantige stukke. Sut warm voor met nog n bietjie ekstra sous