Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Oond-geroosterde knoffel

As jy ’n knoffel-liefhebber is, sal jy mal wees hieroor. Jy druk die sagte knoffel uit die huisies en kan dit net so op brood eet.

  • 3 heel knoffelbolle
  • sowat 100 ml olyfolie
  • mikro-kruie

Verhit oond tot 180 °C. Sny die knoffel se boonste gepunte deel af sodat jy die huisies net-net kan sien. Plaas in oondbak en sprinkel olyfolie oor. Sit in oond en rooster vir sowat 45 minute tot die knoffel sag is. Haal uit en laat afkoel. Sprinkel net voor opdiening nog ’n bietjie olyfolie en mikro-kruie oor.