Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Bykos

Oondgebakte baba-kooltjies

(4 – 6 porsies)

  • 2 klein kooltjies, in kwarte gesny
  • 60 ml botter
  • 100 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 ml fyn neut

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas koolkwarte in oondbak. Stip met botter en gooi water in bak. Geur met sout en peper en sprinkel neut oor. Maak ’n stuk bakpapier wat groot genoeg is om die kool te bedek, nat met water en plaas direk op kool. Plaas in oond en bak 35 – 45 minute tot kooltjies sag is.