Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Oondgebakte risotto met preie en sampioene

Hierdie manier van risotto maak is regtig baie maklik
(Genoeg vir 4)

  • 1 sakkie saffraan
  • 30 ml olyfolie
  • 15 g (15 ml) botter
  • 300 g preie, in 1 cm-stukke gesny
  • 250 g portabellini-sampioene
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml arborio-rys
  • 750 ml warm hoenderaftreksel
  • 125 g strepiespek (streaky), gehalveer
  • 20 g (20 ml) botter
  • 150 g sjimeji-sampioene
  • 160 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 15 g (15 ml) botter

Verhit oond tot 180 °C. Plaas saffraan in klein bakkie en gooi sowat 30 ml kookwater oor. Laat staan so 20 minute tot die kleur van die water diep-oranje is. Verhit olyfolie en 15 g botter saam in ’n pan. Voeg preie, portabellinisampioene en knoffel by. Braai tot preie en sampioene sag is. Geur met sout en peper. Plaas rys in ’n mengbak en voeg aftreksel by. Voeg saffraanwater en preiemengsel by. Geur met sout en peper en meng goed. Gooi versigtig in ’n oondbraaibak wat so 6 cm diep is. Maak stewig toe met tinfoelie en plaas in die oond vir 40 minute. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie en plaas spek bo-op. Plaas vir die laaste 15 minute saam met risotto in die oond. Verhit die 20 g botter in pan. Braai sjimeji-sampioene sowat 5 minute tot sag. Haal risotto en spek uit oond. Maak seker die rys is sag. Voeg parmesaankaas en 15 g botter by risotto en meng deur. Voeg spek by en meng. Sprinkel gebraaide sjimeji-sampioene oor.