Bykos

Oondgebakte soetpatats

(4 porsies)
  • 1 kg patats, in skywe gesny (met skil)
  • 35 g (60 ml) botter
  • 50 g (60 ml) suiker
  • 5 ml fyn kaneel
  • sout na smaak
  • 60 ml water

Verhit oond tot 200 °C. Plaas gesnyde patats in ‘n oondbak. Stip met botter. Gooi suiker en kaneel oor en geur met sout. Gooi water oor en bedek met tinfoelie. Plaas in warm oond vir sowat 45 minute. Haal foelie af en bak verder vir sowat 30 minute tot sag.