Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Oondgebraaide aartappels

Ek het al baie oondgebraaide aartappels gemaak, maar hierdie nuwe manier van Jamie Oliver is regtig aan te beveel. Die aartappels word effens platgedruk so halfpad deur die oondbraaityd. Eendvet maak dit baie bros, maar jy kan dit vervang met sonneblomolie.
(Genoeg vir 4)

  • 8 aartappels
  • 75 g (80 ml) eendvet
  • growwe sout

Stap 1

Verhit oond tot 200 °C. Skil aartappels en halfveer. Plaas in kastrol en bedek met koue water. Sit op stoofplaat en bring water tot kookpunt. Laat kook 5 minute. Dreineer in vergiettes. Skud aartappels rond in vergiettes. Die buitekant van die aartappels sal donserig (fluffy) word.

Stap 1.

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2

Skep eendvet in oondbraaibak. Plaas in oond tot gesmelt en warm – so 5 minute.

Stap

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3

Skep aartappels in warm eendvet en sit bak terug in oond.

Stap 3.

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4

Ná 45 minute sal aartappels al effens goudbruin word. Haal bak uit en druk aartappels effens plat met ’n fynmaker. Draai om en plaas terug in oond. Oondbraai nog 45 minute tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Skep in bak en geur met growwe sout.

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenk

As jy nie eendvet kan kry nie, kan jy 250 ml sonneblomolie gebruik. Gooi dit in die oondbraaibak en verhit dit eers in die oond.