Bykos

Pampoen en rooi-uie met heuning

(6 – 8 porsies)

  • 1,5 kg pampoen, ongeskil en in skywe gesny
  • 4 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 3 – 5 ml droë rissievlokkies
  • 90 ml goeie olyfolie
  • seesout

Sous

  • 160 ml heuning
  • 60 ml goeie rooiwynasyn
  • 80 ml water

Verhit oond tot 200 °C. Plaas die pampoen, uie, rissievlokkies, olyfolie en sout in ’n groot oondpan. Meng deur tot die groente goed bedek is met die olie. Bak vir 40 – 45 minute tot die pampoen goudbruin en gaar is. Maak intussen die heuning-en-asynsous: Gooi die heuning, asyn en water in ’n klein kastrol, bring tot kookpunt en laat prut vir 6 – 8 minute. Proe en geur (die sous moenie te asynerig smaak nie, met ’n goeie balans tussen soet en suur). Skep die pampoen en uie in ’n plat opdienbord en drup die heuningsous oor voor jy dit voorsit.