Oranje-5459
Bykos

Pampoen gebak in esdoringstroop

genoeg vir 8

• 1 (sowat 1,5 kg) pampoen, met skilen al in skywe gesny
• 250 ml esdoringstroop(maple syrup)
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 4 takkies tiemie
• 1 duimgroot stuk vars gemmer, fyngerasper
• 2 brandrissies, fyngekap
• 15 ml fyn kaneel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 170 g vars aspersies, gedompel in yswater

Verhit oond tot 180 °C. Plaaspampoen in groot oondbraaibak. Meng esdoringstroop met knoffel,tiemie, gemmer, rissies en kaneel.Gooi oor pampoen. Geur goed met sout en peper. Bak 30 – 45 minute met deksel op of tot pampoen sag en gaar is. Haal deksel af en braai bruin onder oond se roosterelement. Voeg aspersies by en rooster nog 1 minuut. Sit voor.