Foto deur Donna Lewis
SARIE MEI 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE MEI 2014

Bykos

Pampoengebak in heuning

Soet pampoen kan jy warm of koud eet, dis ewe lekker

genoeg vir 6

sowat 1,5 kg pampoen van jou keuse, in skywe gesny met skil aan

  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 4 takkies tiemie
  • 1 duimnael-groot stuk vars gemmer, fyngerasper
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • 15 ml fyn kaneel
  • 250 ml heuning
  • sout en varsgemaalde swartpeper 170 g babawortels
  • 50 g parmesaan-skaafsels

Verhit oond tot 180 °C. Plaas pam- poen in groot oondroosterpan. Meng knoffel, tiemie, gemmer, rissie, kaneel en heuning. Gooi oor pampoen. Geur goed met sout en peper. Bedek pan met foelie en bak vir 30 – 45 minute of tot pampoen sag en gaar is. Maak oop en braai bruin onder roosterelement. Pak pampoen in opdienbord saam met babawortels en parmesaan-skaafsels. Sit voor.