Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Paprika-wiggies

Dit is een van my gunsteling aartappelgeregte. Dis maklik om te maak en boonop hoef jy nie die aartappels te skil nie.
(Genoeg vir 4)

  • 8 Mediterreense aartappels
  • 250 ml olyfolie
  • 5 ml gerookte paprika
  • growwe sout

Stap 1. Verhit oond tot 200 °C. Sny aartappels in kwarte met skil en al. Plaas in kastrol en bedek met koue water. Bring water tot kookpunt en kook aartappels so 3 minute. Dreineer in vergiettes.

Stap 1.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Meng olyfolie en paprika in bakkie.

 

Stap 2.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Plaas aartappels in ’n bak en gooi paprika-mengsel oor. Meng goed.

Stap 3.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Plaas wiggies in ’n oondbraaibak en plaas in warm oond. Oondbraai 11/4 uur. Dreineer op kombuispapier en geur met sout.

 

Stap 4.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenk
Jy kan die paprika weglaat en net olyfolie en sout gebruik.