Patat-tjips

Patat-tjips FOTO Lee Malan

Bykos

Patat-tjips

Tyd met Tapas

Laat jou gaste vergeet van tyd met ń verskeidenheid klein bakkies kos, warm en koud, en daarby heerlike, vars brood. So ń peusel-ete is sakpas en gemaak vir kuier.

Maak seker jy maak genoeg patat-tjips

8 – 10 porsies

• 2 groot patats nog in die skil
• sonneblomolie vir diepbraai
• sout en varsgemaalde swartpeper

Doopsous
• 250 ml crème fraîche (suurroom)
• hand vol sprietuie, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap

Skrop patats skoon onder lopende water met ’n kombuisborsel. Gebruik ’n
mandolien of ’n skerp mes en sny die patats in skyfies nie dikker as 2 mm nie.Hou skyfies in skoon water terwyl jy die res sny.Verhit olie oor matige hitte.Druk skyfies droog in kombuispapier en braai ’n hand vol op ’n slag tot dit goudbruin en bros is. Dis belangrik om nie te veel op een slag in die pot te gooi nie, anders gaan die tjips nie bros braai nie.Dreineer met gaatjieslepel en skep op kombuispapier. Geur goed met sout en swartpeper. Meng al die bestanddele vir die doopsous en sit voor saam met skyfies.

Patat-tjips

Patat-tjips
FOTO Lee Malan

 

WENK
Gebruik patats pleks van gewone aartappels vir ń anderste smaak.
Dis bonop gesonder

Edition SARIE Maart 2012 | Story Tydsaam met Tapas|Resep Patat-tjips