Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Peperonata – gemarineerde soetrissies

  • 15 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
  • 6 klein soetrissies, rooi en geel, in 2 cm-stroke gesny
  • 4 rosa-tamaties, vel en pitte verwyder en blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml rooiwynasyn

Verhit botter en olyfolie in ’n diep pan. Voeg ui en soetrissies by. Braai so 5 minute. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Braai oor lae hitte tot uie en soetrissies sag is. Voeg asyn by en laat afkoel. Die soetrissies kan sowat 4 dae in die yskas hou.