Bykos

Piccalilli

(sowat 7 x 350 ml-bottels)

  • 400 g klein wortels, geskil en in skywe gesny
  • 270 g klein mielies, in skywe gesny
  • 750 g blomkool, in klein stukke gesny
  • 3 uie, in klein blokkies gesny

Bring ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Gooi al die groente in die water en kook vir 5 minute. Die groente moet nog effens bros wees. Dreineer en skep in gesteriliseerde bottels.

Sous

  • 250 ml water
  • 50 g mielieblom
  • 250 ml water
  • 2 liter wit asyn
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 100 ml appelkooskonfyt
  • 20 ml mosterdpoeier
  • 15 ml kerriepoeier
  • 10 ml borrie
  • 5 ml sout

Meng die 250 ml water en mielieblom. Gooi die res van die bestanddele in ’n groot kastrol en voeg die mielieblom-water daarby. Bring tot kookpunt terwyl jy roer en laat kook vir 8 minute. Gooi die warm sous oor die groente in die bottels en maak styf toe.

Wenk
Hoe langer piccalilli staan, hoe lekkerder is dit. Ek laat staan myne gewoonlik ’n week voor ons dit eet.