sr1306koshoof_4_
Bykos

Pinterest-aartappels

(genoeg vir 6)

  • 8 groot aartappels, geskil
  • 1 x 250 g-pakkie spek, grofgekap
  • 100 g (110 ml) botter
  • 1 hand vol tiemie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n mandoliensnyer of baie skerp mes en sny aartappels in papierdun skyfies van sowat 1 mm dik. Pak die aartappels gesnyde kant na bo in ’n oondbak van sowat 30 x 30 cm. Verhit botter in middelslagbraaipan tot warm. Voeg spek, tiemie en knoffel by. Braai vir 5 – 8 minute of tot spek bros is. Gooi mengsel oor aartappels. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en bak vir 30 – 35 minute of tot aartappels goudbruin en bros is.