Bykos

Rooi-uie à la Kuyperskraal

6 – 8 porsies

  • 4 rooi-uie
  • 15 ml olyfolie
  • growwe sout en varsgemaalde swartpeper
  • 125 g klein rooi tamaties
  • 6 Portabellini-sampioene, gehalveer
  • 15 ml gekapte basiliekruid
  • 2 wiele fetakaas, in blokkies gesny
  • 30 ml geroosterde dennepitte
  • paar vars origanumblare

Verhit oond tot 140 °C. Plaas rooi-uie in klein oondkastrol, besprinkel met olyfolie en geur met sout en swartpeper. Bak vir sowat 2 uur tot sag. Sit klein tamaties by vir laaste 20 minute. Haal uit en laat rus. Sny uie in kwarte. Braai sampioene in olie tot bruin en sag en hou eenkant. Verbruin ui-kwarte in sampioene se olie. Rangskik op slaaibord. Pak tamaties en sampioene tussen uie. Meng oondkastrolsous met basiliekruid en feta. Giet oor slaai. Sprinkel dennepitte en origanum oor. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met balsemasyn of balsamic reduction.