Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Salot-marmelade

Om die skil makliker af te trek, gooi kookwater oor salotte en laat staan vir 2 minute.

  • 880 g salotte, skil verwyder
  • 880 g (1 100 ml) suiker
  • 125 ml water

Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt oor lae hitte terwyl jy roer sodat die suiker kan oplos. Laat prut vir sowat 1 uur tot stroop dik is. Toets of dit reg is deur ’n bordjie in jou yskas te hou. Drup van die stroop op die koue bordjie en trek jou vinger deur die stroop. As die opening deur die stroop daar bly, is dit reg. Skep in gesteriliseerde flesse en sit salot-marmelade voor saam met kaas van jou keuse. Ek stel voor ’n camembert en ook ’n lekker sterk cheddar of ’n bloukaas.