Bykos

Salsa di pomodoro

vir 500 ml (4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
  • 125 ml rooiwyn
  • 40 ml tamatiepasta
  • 40 ml varsgekapte basiliekruid of 5 ml droë basiliekruid
  • 5 ml suiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

vir 1 liter (8 – 10 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 3 uie, fyngekap
  • 1 500 g geblikte heel Italiaanse tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 80 ml tamatiepasta
  • 80 ml varsgekapte basiliekruid of 10 ml droë basiliekruid
  • 10 ml suiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg die gekapte uie by en braai stadig tot deurskynend en sag. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook stadig vir sowat 1½ uur met die deksel effens oop, terwyl jy elke nou en dan roer. Druk nou die sous deur ’n sif of gebruik ’n elektriese verpulper. Geur weer indien nodig.