Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Slaai met geroosterde aartappels

Al ooit daaraan gedink om aartappels te rooster en dan ’n slaai daarmee te maak?

  • 1,4 kg Mediterreense aartappels
  • 125 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Halveer aartappels in lengte en plaas in oondroosterbak. Gooi olyfolie oor en geur met sout en peper. Plaas in oond en draai die aartappels ná sowat 35 minute om sodat dit weerskante mooi bruin rooster. Rooster vir nog sowat 30 minute tot bros en sag. Haal uit en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Sous

  • 150 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 10 ml basiliekruid-pesto
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele saam en geur met sout en peper. Gooi sous oor aartappels net voor jy dit voorsit en rond af met mikro-kruie.