Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Bykos

Soet babarape

(kooktyd: sowat 1 uur)

  • 100 g (110 ml) botter
  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • sowat 27 baba-rape
  • growwe sout

Smelt botter in diep pan. Voeg suiker by en roer oor lae hitte tot dit smelt. Voeg rape by. Maak kastrol toe met deksel en laat prut sowat ’n halfuur tot rape sag is. Haal deksel af en laat oop kook. Roer so elke nou en dan tot rape mooi gekaramelliseerd is. Sit warm voor.