Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Soetpatat-koekies

Staan eenkant toe, pampoen. Hier is die nuwe groente-soetkoekie vir jou onthaal – gemaak van patats.

sowat 20

  • sowat 1 kg patats
  • 120 g (215 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 1 eier
  • sonneblomolie om koekies in te braai

Voer ‘n bakplaat uit met foelie. Verhit oond tot 180 °C. Sny ‘n klein kruisie in die patats. Plaas op uitgevoerde bakplaat met die gesnyde kant na bo. Oondbraai sowat 1½ uur tot patats lekker sag is. Haal uit en laat effens afkoel. Skep al die vleis van die patats uit tot jy 500 ml het. Druk baie fyn met vurk. Meng met res van bestanddele behalwe die olie. Verhit ‘n bietjie van die olie in ‘n pan. Skep eetlepels vol patatmengsel in die pan. Braai so 2 minute aan een kant en draai versigtig om. Braai tot goudbruin. Hou warm eenkant en braai res van koekies. Sprinkel kaneelsuiker oor en sit voor saam met tamatiebredie.

Kaneelsuiker

  • 30 ml suiker
  • 15 ml fyn kaneel

Meng suiker en kaneel goed saam.

Wenk
As jy die patats direk op die bakplaat plaas, bak van die natuurlike suiker uit en jy gaan sukkel om die taai brandsels wat agterbly af te kry. Foelie keer dat dit gebeur.

Wenk
As jou mengsel te styf lyk, voeg nog ’n eier by.