Foto deur
Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Bykos

Soetwortels

Ons Suid-Afrikaners hou van soet groente saam met veral lamsvleis. Nog ’n klassieke gereg.

• 100 g (110 ml) botter
• 200 g (250 ml) suiker
• sowat 60 baba-wortels
• sout en varsgemaalde swartpeper

Smelt botter in ’n groot kastrol. Voeg suiker by en laat smelt oor lae hitte. Roer nou en dan tot al die suiker gesmelt het. Laat prut tot dit ’n mooi karamelkleur kry. Voeg wortels by en moenie skrik as die karamel hard word nie. Maak kastrol toe met deksel – karamel sal weer sag word. Skud kastrol elke nou en dan sodat wortels goed bedek bly met karamel. Wanneer wortels net sag is, haal deksel af en laat prut oop tot wortels gaar is. Skep uit sous en sit warm voor.