Bykos

Soetwortels

• 100 g (90 ml) botter
• 70 g (90 ml) suiker
• 500 g babawortels, geskil
• knippie sout

Smelt botter en suiker in ‘n kastrol oor matige hitte terwyl jy roer. Laat die suiker oplos en karamelliseer. Die kleur moet lyk soos dié van geblikte karamel wat jy in die winkel koop. Voeg worteltjies by en geur met sout. Die karamelsous sal nou effe hard word, maar dis reg so. Sit die deksel op en laat dit toe kook tot die karamel weer sag geword het. Laat verder oop kook tot wortels sag en lekker gekaramelliseer is.