Bykos

Suurlemoen-mosterd-en-roosmaryn-marinade

  • 500 ml olyfolie
  • 15 ml korrelmosterd
  • sap van 2 suurlemoene
  • 4 roosmaryntakkies
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele goed saam.

Wenk
Jy kan die roosmaryntakkies heel hou sodat dit die olie net geur. As jy ’n skerper roosmaryn-smaak verkies, kap die takkies eers fyn.

Ideaal vir varkvleis