Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Bykos

Suurlemoene in sout

Dit word veral in Marokkaanse kookkuns gebruik om geregte daardie bietjie ekstra woema te gee.
Genoeg vir 1 bottel met volume van 580 ml

• 3 suurlemoene
• 2 lemmetjies
• growwe sout
• 1 lourierblaar
• 6 – 7 heel swartpeperkorrels

Sny suurlemoene en lemmetjies in kwarte. Gooi ’n lagie growwe sout onderin ’n gesteriliseerde bottel. Pak suurlemoene en lemmetjies so styf soos jy kan in die bottel. Druk ’n lourierblaar in die bottel en vul dit met growwe sout. Voeg peperkorrels by. Maak styf toe en laat staan ’n paar dae buite die yskas. Draai bottel elke nou en dan om.Plaas in yskas en hou dit minstens 3 weke daar voor jy dit gebruik.Spoel suurlemoene voor gebruik onder koue water af om van die sout ontslae te raak. Dit kan tot 6 maande in die yskas gehou word.