sk08_4glutenvry01
Bykos

Tagliatelle-pasta (glutenvry)

  • 375 g glutenvrye pasta-meel
  • 4 eiers
  • 60 ml olyfolie
  • 75 ml water

Meng die meel en eiers goed saam. Voeg die olyfolie en water by en maak aan tot ’n deeg. Maak toe met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir sowat 30 minute. Omdat die deeg nie gluten bevat nie, gaan ’n pasta-masjien nie werk nie. (Die deeg sit vas in die masjien en breek in stukke.) Sprinkel van die glutenvrye meel op jou werkoppervlak en rol die deeg tot 2 – 3 mm dik uit. Sny die deeg in lang stroke van 1 cm breed. Kook die pasta nes jy ander pasta sou kook vir sowat 8 minute tot al dente (ferm maar nie meer hard nie). Bedien saam met jou gunsteling-sous.