Feb-4
Bykos

Tamatie-en-olyf-focaccia

Dié happie het genoeg om die lyf om te sorg dat jou gaste se ergste hongerpyne gestil word.

genoeg vir 8

  • 500 g-sakkie winkeldeeg
  • 1 x 125 g-bakkie basiliepesto
  • 300 g gemengde kersietamaties,
  • gehalveer
  • 100 g olywe, ontpit
  • 2 takkies roosmaryn, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Spuit ’n groot bakplaat goed met kleefwerende kossproei. Plaas deeg op bakplaat en druk met jou hande plat tot sowat 1 cm dik – dit hoef nie ’n presiese vorm te wees nie. Smeer pesto op deeg. Pak tamaties en olywe bo-op. Sprinkel roosmaryn oor en geur goed met sout en peper. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in skywe en sit louwarm voor.