Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Tamatie-salsa

Sit dit voor in klein bakkies op gebreekte ys met suurlemoen-kwarte.
(6 – 8 porsies)

  • 400 g kersietamaties, gehalveer
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng bestanddele saam en geur goed met sout en swartpeper. Sit dit voor in klein bakkies op gebreekte ys saam met suurlemoen-kwarte.