Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Bykos

Tamatieblatjang

Die blatjang het ʼn heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte.

Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml

  • 800 g groot rosa-tamaties
  • 350 g klein geel rosalinitamaties
  • 2 rooi-uie
  • 2 rooi brandrissies
  • 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
  • 190 ml rooiwyn-asyn

Stap 1. Sny rosa-tamaties in blokke. Halveer die klein rosalini-tamaties.

 

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Kap uie fyn en sny brandrissies in skywe. Behou die pitte van die brandrissies.

 

n

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.

 

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.

 

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat kan ek alles met die blatjang voorsit?

  • Verskeidenheid van kase, veral camembert, baie sterk cheddar en bloukaas.
  • Dit pas wonderlik by gebraaide boerewors.
  • Enige soort kerriegereg, maar veral bobotie.
  • Baie lekker saam met geroosterde lamsboud.

Hoe lank sal die blatjang hou?
Sowat 4 weke in die yskas as jy nie die moeite wil doen om bottels te steriliseer nie. ekmoet bieg dit was binne twee dae op in my huis.