Micky Hoyle

Micky Hoyle

Bykos

Komkommer-en-appelslaai

Resep deur Tannie Poppie
Jy moet die appels en komkommer al die vorige aand in die yskas sit, sodat dit lekker koud is wanneer jy jou slaai maak.
Genoeg vir 6 – 8

  • ½ Engelse komkommer
  • 1 rooi appel
  • 2 groenappels
  • 1 bakkie (250 ml) grenadellajogurt

Sny komkommer in skyfies en dan in kwarte. Sny appels in baie dun skyfies met skil en al. Plaas in mengbak en gooi jogurt oor. Meng goed en sit voor saam met hoofmaal.