Micky Hoyle

Bykos

Tannie Poppie se pampoentert

’n Baie lekker bygereg – nie baie swaar nie. Die soet van die tert pas lekker by die geure van die Sondag-spyskaart lemoenhoender.
Genoeg vir 6 – 8

• 1 koppie (250 ml/200 g) suiker
• 5 teelepels (25 ml) koekmeel
• 1 teelepel (5 ml) sout
• 2 ml fyn kaneel
• 3½ eetlepels (55 ml/60 g) ongesoute botter, gesmelt
• 3 koppies (750 ml) fyngemaakte gaar pampoen
• 1 koppie (250 ml) room
• 3 eiers

Verhit oond tot 150 °C. Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep in gesmeerde tertbak van so 30 x 25 cm en sit saam met hoender in oond. Die tert bak so 1½ uur.