Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Bykos

Tuisgemaakte agurkies

Dis baie maklik om jou eie agurkies te maak en jy kan dit vir maande  in ou yskas hou.

(genoeg vir 1 groot fles)

  • 2 x 365 g-pakkie baba-komkommers, gehalveer
  • 60 ml growwe seesout
  • 20 g vars dille, fyngekap
  • 8 heel swartpeperkorrels
  • 500 ml wit asyn
  • 200 g strooisuiker

Plaas komkommers en sout in middelgroot mengbak. Meng goed. Laat staan vir 20 minute. Spoel goed af onder koue water. Meng met fyngekapte dille en pak stewig in 1 000 ml-glasfles. Verhit asyn, suiker en peperkorrels tot kookpunt in middelgroot pot. Gooi oor komkommers en vul fles tot heel bo. Seël dadelik stewig met ’n metaaldeksel. Los vir 4 uur om te pekel. Sit voor met sterk kaas.

Wenk
As jy die fles geseël het, kan jy die komkommers tot 6 maande in jou koskas bêre. Sodra jy dit oopgemaak, moet jy dit in die yskas hou en binne 3 weke gebruik.