Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Bykos

Tzatziki

Dis deel van die Turkse en Griekse meze-tradisie en ʼn lekker bykomstigheid by enige, van vis en lamsboud en groente tot toebroodjies. ʼn Maklike resep om gou te maak.

Stap 1. Plaas ’n skoon afdroog- of melkdoek oor middelgroot mengbak. Rasper 1 groot komkommer op die fyn kant van ’n rasper oor die doek.

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Bind die doek in ’n netjiese bondel en druk met jou handpalm al die water uit die komkommer. Gooi die water weg.

 

 

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Kap 2 knoffelhuisies baie fyn. Kap 1 hand vol dille fyn met skerp mes. Jy kan ook kruisement pleks van dille gebruik.

 

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Voeg kruie en knoffel by gerasperde komkommer. Meng met 250 ml Griekse jogurt en 15 ml heuning. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.

 

Stap 4