Foto deur Donna Lewis
SARIE MEI 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE MEI 2014

Bykos

Uieringe in bierkors

Die bier laat die ringe lekker uitpof
genoeg vir 6

  • 1 x 340 ml-bottel bier
  • 220 g (390 ml) bruismeel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 750 ml sonneblomolie vir diepbraai
  • 5 uie, in ringe gesny

Plaas bier en meel in ’n middelslag- mengbak. Meng met draadklitser tot gladde mengsel. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas olie in middelslag- pot en verhit oor matige hitte. Doop uieringe in bierbeslag, laat oortollige beslag afloop en plaas in warm olie. Braai stadig tot goudbruin en bros, sowat 5 minute. Skep uieringe met gaatjieslepel uit die olie en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.