FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Bykos

Uieringe

6 – 8 porsies

• 1 x 340 ml-bottel bier
• 220 g (390 ml) bruismeel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 750 ml sonneblomolie vir diepbraai
• 5 uie, in ringe gesny

Plaas bier en meel saam in ’n mediumgroot mengbak. Meng met draadklitser tot gladde mengsel. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas olie in mediumgroot pot en verhit oor medium hitte. Doop uieringe in bierbeslag, laat die oortollige beslag afloop en plaas in warm olie. Laat stadig braai tot goudbruin
en bros – omtrent 5 minute. Skep met gaatjieslepel uit die olie en dreineer op kombuispapier. Sit
warm voor.

Wenk: Moenie te veel uie op ’n slag in die olie plaas nie, anders gaan dit stoom en nie bros braai nie.

Om te toets of die olie warm genoeg is, gooi jy ’n klein bietjie beslag in. As dit dadelik begin borrel, is die olie reg.